Die Ankerskool / School se prysuitdeling vind plaas op 31 Oktober 2019.

Hierdie spog geleentheid is ‘n jaarlikse instelling waar die prestasies wat die leerlinge behaal het tydens die jaar herken en vereer word.  Gedurende hierdie geleentheid ontvang leerlinge toekennings vir prestasies behaal in akademie, kultuur en sport.

Ons leerlingraad en hoofleiers vir 2020 word ook ingehuldig tydens die seremonie.  Geen moeite word ontsien om te verseker dat hierdie ‘n onvergeetlike aand vir ons leerlinge is wat hard gewerk het gedurende die jaar nie.